Jaco du Plessis

Ventersdorp

'n makabere moord het plaasgevind
hou dit verband met dié aan bewind?

panga en hamer het onmin gesaai
venynige vrugte word later gemaai

verglustige verworpenes wat vuurwapens swaai
geregtigheid moet, sal koning kraai!

haastig, heftig is oorlog verklaar
gemoedere gespan so styf soos n snaar

versoeningswelslae is nou in gevaar
waar is n leier wat vrede bewaar?

De la Rey, bobbejaan, sing hulle saam
by wie lê die eintlike grootheidswaan?

as almal mekaar maar net kon verdra
Nkosi sikelel iAfrica

Have a comment? Email me at jaco@jacoduplessis.co.za.