Jaco du Plessis

Water op die brein maak jou breindood, nie rein

Die kind is gebore
Met ‘n vuur wat binne brand
Dit verswelg nuwe feite
Soekend na waarheid se hand

Die kind word geleer
Ouers praat van hemel en hel
Hy dink nog: “Hoe kan mens weet”
“Stil! Die satansgloei uit jou is fel.”

Die kind is gedoop
Sy vlam, “dank Vader”, geblus
Maar iewers, diep agter
Die “Duiwel” steeds saggies aan’t sis

Die suurstof wat lewe bring
Sal die vuur eindelik laat win

Have a comment? Email me at jaco@jacoduplessis.co.za.